Vredefort Boeredag

28 Januarie 2025 08:30 - 15:00

Akkurate Boerdery in Praktyk

saam met Prof. Leon van Rensburg​

Geborg deur

Toegang gratis met registrasie!

Plekke beskikbaar
0

Aanbieders

Prof. Leon van Rensburg

Leon voltooi sy skooloopbaan by Ugie Hoërskool in 1977. Daarna volg diensplig by pantser in Bloemfontein. Na junior leierskapkursus in 1978 by Pantserskool sluit hy as instrukteur vir nog 2 jaar aan. Gedurende die tyd het hy as troepsersant opleiding gegee en was hy betrokke by verskeie gemeganiseerde weermagoperasies in Angola.  

Na weermag is hy Kovsies toe en behaal die grade B.Sc. Agric, B.Sc. Agric. Hons, M.Sc. Agric en Ph.D. met opleidingsfokus in grondkunde en agronomie.

Was werksaam as grondkundige by die Instituut vir Grond, Klimaat en Water asook die Landbounavorsingsraad. Res van die tyd (28 jaar) was hy by Kovsies, eers navorsingsassistent daarna navorser en later dosent in die Departement Grond-, Gewas-en Klimaatwetenskappe. Na 15 jaar as Vol Professor tree hy in 2019 af, en sluit hy by Van’s Lab in Bloemfontein aan. Hy en sy dogter Lindi, ‘n chemiese ingenieur, is beide medestigters van Van’s Lab, ‘n onafhanklike grondkunde laboratorium.

Stokperdjie: Bergfietsry en gim. Hou van fisiese en akademiese uitdagings.

JP Nel

Gebore in die Vystaat. Studeer aan UV. 1980 to 1986 ,  Agronomie , Grondkunde Hoofvakke. BSc.Agri Hons. na militere diensplig by Infanterie Skool in Oudtshoorn.

Spesiliseer in besproeiings gewasse aanvanklik in NoordKaap, mielies, koring, katoen, lusern, aartappels, uie, wortels , kool en ander intensiewe groentes.

Vrugte gewasse tafeldruiwe, pekaneute,okkerneute en grondbone. 38 JAAR ondervinding  in bemesting, sproeibemesting, organiese en halforganiese bemesting, blaarvoedings, bekalkings en grondkondisionerings programme tans my spesialiteit. Vertroud met biologiese produkte en inokulasie produkte. Mikro en nano elemente is n spesifieke belangstelling en het al verskeie internasionale lande en navorsings institute besoek. Verskeie artikels geskryf en bemestings navorsings produkte suksesvol geloods en voltooi. Spesialis navorsing met geintegreerde onkruidbestuur en interaksie met bemesting,bekalkings programme op droe bone en sojabone.

Werk ook met halofiete en akwakultuur projekte met soutwater bespoeiing. Bestuur van grond soute en dreinerings programme.

Makadamia  neute en advokado asook sitrus en dadel  bemestings/grondkondisionerings programme. Intensiewe en ekstensiewe weidings gewasse soos raaigras in die suiwel industrie

Navorsing en ontwikkeling/formulering van verskeie bemestings, bekalkings produkte in die gewas reekse. Professionele agronoom sedert 1992 by SASNASP.

Fokus tans as spesialis agronoom by IDWALA op sekondere element voeding op bogenoemde spektrum gewasse by OISA , operasioneel in Suidelike Afrika vanaf die Kaap tot in Zambie.

Meet jou grond se Infrastruktuur

Droë Land

Boorde

Meer oor Akkurate Boerdery

Tegnologie vir agronomiese aanwending het die afgelope dekades verbeter en ons moet, waar nodig, dit toepas om hoër winste te genereer.  Byvoorbeeld, vandag kan ons bykans enige grondeienskap ruimtelik oor ‘n land met ‘n hoë resolusie en akkuraatheid meet. Grondkartering soos ons dit nou ken om gronde se potensiaal vas te maak gaan in die volgende dekade op plaasvlak verander om meer akkurate bestuursgrense te kry. Opkomende maatskappye soos Van’s Lab, is verby die ontwikkeling en toets stadium van hul tegnologie en is nou gereed om saaiboere met nuwe denke en metodes te bedien.

Hierdie werkswinkel wil graag die nuwe tegnologie met julle deel sodat ons klimaat, topografie en grond beter kan integreer om jou instaat te stel om agronomiese risiko’s beter te bestuur.  Hiermee stel ons dus graag Van’s Lab se Akkurate Boerdery konsepte en tegnologiese toepassings vir saaiboerdery aan julle voor.  Met die tegnologie kan ons jou grond se infra(struktuur) evalueer en saam met ons vennote praktiese oplossings bied om dit te verbeter.  Met die tegnologie fokus ons op die “paaie, store en huise” in die grond.

Vrae soos:

  • Wat is die grootte en kwaliteit van die paaie in jou grond? Wat kan ons op die kort, medium and langtermyn doen om dit te verbeter?
  • Hoe groot is die waterstoor van jou landerye ? Hoe bestuur ons dit om klimaattoestande te ondervang?
  • Hoe groot is die voedingstoor? Wanneer laas het jy ‘n behoorlike inventaris daarvan geneem? Hoe bestuur jy die inhoud van die stoor om onproduktiewe verliese hok te slaan? Neem beheer oor die stoor en maak goeie besluite wat jy in die stoor gaan berg.
  • Verskaf jy goeie B&B vir die organismes in die grond?

Program

08:30 Koffie en tee

09:00 Verwelkoming – Henru Pieters

09:15 Konsep en meting van
grond se infrastruktuur –
Roelof Smit

09:45 Bou van infrastruktuur van
gronde. Hoe gemaak? –
JP Nel

10:30 Integreer bemesting met grond se infrastruktuur
Prof. Leon van Rensburg

11:15 Vrae en antwoorde

12:00 Middag-ete

14:00 Plaas besoek

Registrasie sluit 24 Januarie!

Registreer nou